Nicqie Identity Stylist

I LOVE MOVING WITH NICQIE

SELFBEHEERSING IS ‘N PROSES

“Self-discipline: doing what you know needs to be done even when you don’t feel like it”

Die kere wanneer motivering nie genoeg is nie, is die kere wanneer selfbeheersing beoefen moet word.  Die tye wanneer jou verskonings soveel beter klink as: “Ek moet oefen” is dit kere wat jou selfbeheersing soos ‘n magtige reus moet opstaan en jou gedagtes in ‘n ander rigting in stuur. 

Ons almal is ‘n “work in progress” met baie goeie intensies en doelwitte, gemeng met gevoelens van “nie goed genoeg nie” of  “ek kon beter gedoen het”.  Selfbeheersing is soos ‘n spier – dit moet beoefen word.  Party keer gaan dit maklik wees om GESOND te kies bo lekker, ander kere nie. Elke dag – of jy vorentoe of agter toe beweeg – is ‘n PROSES. Elke dag gaan nie perfek wees nie, maar langtermyn, wanneer jy terug kyk en sien hoe ver jy al gekom het, kan jy weet dis jou selfbeheersing wat jou tot hier gebring het en deur dit net aan te hou beoefen, sal jy vorente gaan.

Ek deel graag maniere om jou selfbeheersing te beoefen:

1. WEET WAARMEE JY SUKKEL

Weet wat is jou doelwit.  Begin let op wat jy deur die dag doen.  Stem jou daaglikse askies ooreen met jou eind doel? Dit help om mense om jou te vra om jou te help met hierdie oefening.  Sodat jy jou swakhede kan raak sien, stel ‘n aksie plan saam sodat jy voorbereid is vir die tye wanneer jy selfbeheersing kort.

In my eie omstandighede, kort ek baie meer selfbeheersing in die aande, na ete.  Dan is ek gewoonlik lus vir iets soets.  Daarom is daar nie koekies in my spens nie! Anders, het ek verseker daarvan geeet 😊

2. WANNEER HET JY DIE MEESTE SELFBEHEERSING

Kyk na jou huidige  omstandighede. Ons almal se skedules is omver gegooi, maar dit is nie ‘n verskoning nie.  As jy gewoonlik oefeninge in die oggende gedoen het, terwyl die kinders by skool was, doen dit nogsteeds in die oggende.  Dit gaan dalk beteken dat jy vroeër moet opstaan (en vroeër gaan slaap) wat nie ‘n slegte ding is nie.  Teen die tyd wat die kinders wakker is, is jy darem al ‘n tree voor hulle.

3. SKRYF JOU DOELWIT NEER EN DIE STAPPE WAT JY MOET VOLG OM DAAR TE KOM

Wanneer dit kom by ‘n doelwit soos  “Gesonde leefstyl”, is die stappe basies dieselfde vir almal van ons . 

– BEWEEG BEWEEG BEWEEG elke dag (hetsy of dit draf, Pilates, HIIT of fiets ry)

– Eet (en drink) “real” en kry so die nodige voetingswaarde in wat jou liggaam kort per dag

– maak seker die Kalorier wat jy inneem en die Kalorier wat jy verbrand deur die dag, balanseer mekaar uit

4. SIEN JOUSELF GESOND EN FIKS

Praat met jouself en oor jouself asof jy reeds by jou einddoel is.  Ons is so geneig om ons self af te kraak en te se : “as ek eendag die gewig verloor het, sal ek na myself begin kyk.” NEE!! Begin vandag.  (ps. Alhoewel ek keer op keer se moet nie jou doelwit ‘n spesifieke gewig op die skaal maak nie, WEET ek meeste van ons doen dit!!) Jy is, met al jou doelwitte en ideale, net soos jy daar is, is jy PRAGTIG en WAARDIG!!  Jou waarde word nie bepaal deur jou of enige iemand anders as Vader nie.  Dalk voel jy tans unworthy, unloved. Weet jy wat se die Een wat jou gevorm het oor jou?

“…and I will call her, who was not beloved, BELOVED!”” Rom 9:25

5. DOEN DIT NOU, ONGEAG HOE JY DAAROOR VOEL.

Ek hoor gereeld, aan die begin van die journey hoe sy oefening verpes.  Dan, ‘n paar weke in die program kan sy nie wag om die nuwe oefening te probeer nie.  Doen dit wat jy weet nodig is, ongeag hoe jy daaroor voel.

6. BEGIN KLEIN

Voel jy geinspireerd?  Reg om daardie doelwitte wat jy vir jouself gestel het, te SMASH? 

As dit oorweldigend is, begin klein.  Vir die week: besluit om een slegte gewoonte te vervang met een goeie gewoonte.

Volgende week, pak jy weer die volgende een.  Na ‘n paar weke gaan jy sien hoe ver jy al gevorder het – daardie is SELF BEHEERSING!!

7. KRY HULP

Ek kan vir jou op ‘n paar maniere help.   Ek journey graag saam met jou op ‘n 12 weke oefen en eetplan wat aangepas is volgens JOU behoefte. 

Anders, as jy reeds ‘n dieet en oefenplan het, jy kort letterlik iemand wat jou accountable hou – is ek daardie persoon.

8. TWEE STAPPE VORENTOE, EEN STAP AGTERTOE, HERHAAL

Die geheim van enige gewoonte is dit – HERHAAL HERHAAL HERHAAL.  Vir die aande wat jy in jou bed le en voel soos ‘n mislukking oor die dag net te erg was: die oggend wanneer jy die son sien skyn WEET dis ‘n nuwe dag en ‘n NUWE KANS.

9. MEET JOU VORDERING

Hetsy jy kies om die skaal te gebruik of ‘n maatband. Dalk hoe die klere aan jou lyf sit of hoe jy voel – kry ‘n manier om jou vordering te meet.

10. KYK NA JOUSELF

Wees versigting om jouself nie te ooreis nie.  Ons kan baie keer so gefokus wees op ons einddoel, dat ons glad nie ons vordering raak sien nie.  Deel van selfbeheersing is om na jouself te kyk, nie te hard op jouself te wees nie.  Soms is dit nodig om ‘n tree terug te vat en vir jouself ‘n High Five te gee vir die vordering wat jy reeds gedoen het, op pad na die einddoel.

11. BEDERF JOUSELF

As jy ‘n soettand het en graag jou gunsteling nagereg wil maak, beplan dit. Maak ‘n geleentheid daarvan.  Dek die tafel mooi, steek kerse aan en geniet dit saam met jou geliefdes, sonder enige skuld gevoel.

12. VERGEWE JOUSELF

Dalk voel jy tans kwaad en teleurgesteld in jouself.  Dalk vra jy jouself: “hoe kon ek myself so laat gaan het?” Die feit dat jy bereid is om weer terug te draai en gesonder besluite te maak – is ‘n goeie ding.  Vergewe jouself en spreek jouself vry!  Wanneer jy wel slip, moet nie hard op jouself wees nie.  Beweeg net aan.  More skyn die son weer – nuwe dag, nuwe geleenthede. 

So, watter veranderinge aan jy VANDAG begin maak?