Nicqie Identity Stylist

THE WORDS YOU SPEAK

Ons bou en vernuwe graag ons wonings met die mooiste kleure verf en teels. Dit doen ons met kundigheid en deeglikheid.

Die vraag is, hoe is jy besig om aan jouself te bou en te vernuwe? Elke dag, deur die woorde wat jy oor jouself spreek, bou jy aan jou ander “huis”. Bou jy met positiewe, liefdevolle gedagtes of bou jy met negatiewe gedagtes oor jouself.

Kom ons gaan verder, watse tipe huwelik is jy besig om te bou? So paar jaar terug het ons, ons eerste huis gebou. Ek het baie beplanning en voorbereiding gedoen met uitgedrukte prente op groot A3 plakkate (ja, ek is so deeglik!). Met die plakkate is ek na die plaaslike Hardeware winkel om die regte kleur verf te kies vir binne ons huis. Ek sal altyd onthou wat die een vreemdeling vir my gese het toe sy my sien met al die moeite wat ek gedoen het. Sy het gese:” Ek hoop jy spandeer soveel tyd en moeite aan jou huwelik ook!” Elke dag bou ons aan mekaar, of ons breuk mekaar af.

So, hoe bou ons positief ons self op. Deur dinge van ons verlede deur te werk, ontslae te raak van “issues” wat ons met onself het en doelbewus te besluit om POSITIEF te praat, POSITIEF te dink. Die vyand gaan ons nog steeds probeer gooi. Maar dan weet jy wat die waarheid is en dat jy daarop kan staan.

Kies POSITIEWE gedagtes, kies POSITIEWE woorde, kies POSITIEWE lewe.

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *