Nicqie Identity Stylist

WAT HET EK GELEER IN 2020

Nou die dag, toe ek gaan kruideniersware koop, sien ek die Kersfees-goed is al op die rakke. Ek besef toe: HIERDIE JAAR IS AMPER VERBY!! Ek dink toe aan al die drome en “idees” wat ek gehad het en dit voel asof daar ‘n groot hak uit die jaar is. Dadelik besef ek dis as gevolg van Covid.

My 2020 was vol planne oor hoe ek my besigheid gaan groei en hoe ek dit gaan laat gebeur. (sien jy die baie “ek” “ek” “ek”) Tydens Covid is al my planne tot stilstand geruk en moes ek stil word en mooi by Vader hoor : “wat is U plan?” Jy sien, ons kry baie keer ‘n droom of visie van Hom en dan vat ons dit en wil daardie droom laat “maak” werk. So, dan het ons (of ek altans) al hierdie planne en my gebed klink iets soos : “Vader, laat hierdie en hierdie gebeur”

WAT HET EK GELEER IN 2020

EK HET GELEER OM ANDERS TE BID. In plaas van so gefokus te wees om wat ek wil doen en moet doen, moes ek leer om ALLES oor te gee in Sy hande. My gebed DAAGLIKS het verander na : “Vader, open my geestes oe. Reinig my hart van enige idols. Wys U my wat om te doen”

EK HET GELEER (ek leer nogsteeds) OM TOTAAL AFHANKLIK VAN HOM TE LEEF. Hy is ons Bron, Hy is ons Voorsiener. Dink hoe lief jy jou kinders het…hoeveel meer lief het Hy ons nie!! Hy sal vir jou die wereld gee, as Hy jou hart het!! dis ‘n daaglikse besluit wat geneem moet word om nie mee gesloor te word in die “rat race” nie, om nie performance driven te raak nie, om nie afhanklik vir enige iets of enige iemand anders as HY te raak nie.

EK HET GELEER DIE LEWE IS NOU. Ons is so geneig om doelwitte te stel (en ek love doelwitte stel) maar in daardie proses, verloor ons perspektief. Ons (ek ingesluit) wil so graag “groot” dinge bereik vir Sy Koninkryk, maar ons mis baie keer die belangrikste purpose – om ‘n Godvresende Ma te wees vir jou kinders (vir die volgende generasie) . Om ‘n Godvresende vrou te wees vir jou man. Wat help dit jy het die wereld verander, ten koste van jou gesin? Daar gaan altyd nuwe doelwitte wees, met nuwe uitdagings, maar daar is net een NOU. so GENIET die NOU, terwyl jy nog kan.

Met Kersfees om die draai, wil ek vir JOU vra : “Wat het 2020 vir JOU geleer?” Kom gesels gerus saam met my

Baie liefde
NICQIE

2 thoughts on “WAT HET EK GELEER IN 2020”

  1. Wat het 2020 vir my geleer?
    Eenvoudig dat geduld belangrik is… Sý tyd nie ons sn nie. En natuurlik uithouvermoe om aan te hou te midde van pandemies wat ons lewens onderstebo gooi.

  2. So mooi getik Nicqie!

    [signature_1220301361]

    From: NICQIE
    Reply-To: NICQIE
    Date: Thursday, November 5, 2020 at 11:41 AM
    To: “irmadutoitza@outlook.com”
    Subject: [New post] WAT HET EK GELEER IN 2020

    NICQIE posted: ” Nou die dag, toe ek gaan kruideniersware koop, sien ek die Kersfees-goed is al op die rakke. Ek besef toe: HIERDIE JAAR IS AMPER VERBY!! Ek dink toe aan al die drome en “idees” wat ek gehad het en dit voel asof daar ‘n groot hak uit die jaar is. Dadelik “

Leave a Reply to wortelkop Cancel Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *