Vir my, is die Winter seisoen die moeilikste tyd om gesond gefokus te bly. Met al die koue nagte en lae op lae klere, kan ek maklik my fokus skuif van “gesond maar nie so lekker nie” na “lekker maar nie so gesond nie”. Wanneer ons daardie “lekker” bederf eet, stuig ons Serotonien vlakke wat ons gelukkiger laat voel. Omdat jy in gegee het vir gister se craving, is vandag se craving bietjie meer. Dan nie eers om te praat van wanneer ek siek word. Dan is my motivering heeltemal weg. Oefening verg soveel meer deursettingsvermoë en om water te drink word eintelik ‘n oorlas in hierdie koue seisoen. Want, soos jy weet, hoe meer water jy drink, hoe meer gereeld moet jy daardie yskoue wit troon besoek. Ek het so paar wenke wat ek graag met jou deel:
WERK DIE CRAVINGS TEEN
Om daardie cravings teen te werk, skop ek my dag af met ‘n ordentlike ontbyt. Ek sien dit keer op keer, veral oor ‘n naweek wanneer ek bietjie later slaap en nie my gewone ontbyt eet nie. Binne ‘n uur is ek weer lus vir iets. Probeer jou ontbyt Protein ryk te maak, sodat jy deur die dag nodige energie vlakke het. Wanneer jy teen die namiddag nogsteeds daardie craving het, eet ‘n gesonde, lae vet peuselhappie. Die geheim is – kry iets wat gesond is om jou Serotonien vlakke in jou brein te verhoog. Meer hieroor in ‘n ander blog.
AANVULLINGS
Tydens Winter tye is dit goed om ekstra aanvullings te drink. Omega 3 is ‘n natuurlike anti-inflamatoriese aanvulling. Dit help met depressie, wat baie van ons tydens winter maande beleef. Vitamien C help met verkoue en griep simptome. Vitamine D is nodig, veral as jy nie meer soos in die ander seisoene, baie in die son kom nie. Vitamine D help jou liggaam om Vitamien A, Yster en Kalsium maklik te absorbeer. Sampioene is ‘n baie goeie bron van natuurlike antibiotika. Voeg dit sommer by jou etes. Vesel verlaag kolestrol vlakke en beskerm teen diabetes. Dit doen jou uniemstelsel ook baie goed. Vesel kom voor in appels, hawermout en neute.
EET MEER GROEN EN ORANJE GROENTES
Voeg donker groen en oranje groente by jou disse. Spinasie, Kale, Wortels en Lemoene is ryk aan gesonde voedingswaardes. Ek maak ‘n lekker groot slaai saam met my etes. Ek sny sommer enige groente (rou of gaar) op en eet dit met Balsamiese asyn…HEEERLIK!!
KOOK MET SPISERYE
Uie, koffel, gemmer laat nie net die kos lekker smaak nie, dit doen jou uniemstesel ook wondere. Borrie help met infilmasie, hart siektes en dien as ‘n kragtige antioksidant.
DRINK KRUIE TEE
Met kruie tee, kry jy nie net jou water inhoud in nie, maar jy kan verskillende kruie in kry wat baie voordelig vir jou is. Gaan loer gerus wanneer jy weer kruideniersware koop. Chamomile bring kalmte, terwyl groen tee en Rooibos baie antioksidante bevat. My gunsteling op die oomblik is ‘n Cranberry, Apple and Cinnamon geur.
BEPLAN JOU OEFEN EN HOU DAARBY
Beplan op ‘n Sondag watter oefening jy wanneer die week gaan doen . Skryf dit neer en hou daarby. As jy kan, beplan ‘n oefen sessie saam met ‘n vriendin, man of kind. So motiveer julle mekaar. Vir my, werk oefening die beste vroeg in die oggende – voor my kinders wakker is en my foon begin lui. Wanneer ek wakker word, en klaar my koffie in het, trek ek , sonder om te dink, my oefen klere aan en doen die oefening.
SLAAP LANGER EN BETER
Met dae wat korter is, wil jou liggaam vanself meer ure se slaap in kry. Pas aan en probeer vroeer in die bed kom in die aande. Knip eerder jou TV programme korter en sorg dat jou liggaam die nodige slaap kry.
WEES MEER GELET OP JOU GEDAGTES
Omdat Winter tye meer geneighdeid tot bedroefheid en negatiwiteit het, moet jy meer gelet op jou gedagtes wees. Vir my werk dit baie goed om elke oggend, voor my kinders wakker te wees en net daardie halfuur of uur vir myself met my eie dagtes te hê. Dis gewoonlik wanneer ek Bybel lees en net my gedagtes inlyn kry vir die res van die dag. Ek kan dadelik agter kom as ek nie die oggend hierdie stilte tyd gehad nie het. Dan is my gedagtes op hulle eie koers vir die hele dag.
Deel gerus met my enige wenke wat werk vir jou om die Winter koue hok te slaan en nogsteeds GESOND en FIKS te bly