Ek kuier graag saam met jou mense vir watter funksie of geleentheid ookal. Ek gesels graag oor die onder genoemde onderwerpe. Ek is egter buigbaar en pas aan by JOU tema. Ek verkies om met ‘n Projektor en skerm te gesels. Vir ‘n gehoor grootter as 30 mense, versoek ek ‘n mikrofoon. Een sessie beloop 45 min lank
Reiskoste @ R10/km addisioneel
ONDERWERPE
BLOM MET JOU GEUR
“bloom where you are planted” klink so eenvoudig en tog sukkel ons so. Tydens die praatjie, gesels ek oor waaruit staan jou GEUR, wat verhoud jou om daardie GEUR uit te leef en hoe om met volheid jou GEUR te LEEF
Kontak Nicqie vir koste
INSPIRE BY IDENTITY
Kry ‘n groep vroue bymekaar en hĂȘ ‘n intieme werkswinkel saam met my. Ek help jou om JOU uniekheid te ontdek. Hoe om te werk met JOU liggaam, JOU kleur en om die BESTE JY te wees.
Kontak Nicqie vir koste per persoon
(maksimum 20 vroue)
KOM SIT AAN SY FEESMAALTAFEL
Geestelike funksie waarby jy genooi word om aan Sy feesmaaltafel te sit. Ideaal vir Babatee, Ma-en-dogter oggend of kombuistee, waar jy Woord gaan kry.
Kontak Nicqie vir koste per persoon (Maksimum 20 vroue)