Nicqie Identity Stylist

WAT PAK JY IN JOU TAS?

Met die vakansie om die draai, is baie van ons besig om tasse te pak vir die wegbreuk. Ongeag of jy weg gaan en of jy net by die huis bly, sit jy self met ‘n gepakte tas in jou binneste. Ek praat van daardie gedagtes en gevoelens wat jy in jou hart wetend of selfs onwetend rond dra teenoor iemand anders.

Aan die begin van die samesein is dit maklik om jou front te hou, maar teen die einde van die saam kuier, voel dit asof daardie spesifieke persoon aspries met JOU lelik is. En dadelik kan jy ‘n lang lys uit ruk van vorige gebeure wat dieselfde persoon iets gese het vir of van jou (alhoewel jy hulle reeds vergewe het…).

Nou dat jy daardie persoon in jou gedagtes het, kom ons kyk wat is in jou tas … Onvergifnis? Woede? Seer? Verwerping? Angs? Ek weet, dis nie lekker om hierdie tas uit te pak nie, maar dis nodig. Nie noodwendig vir die ander persoon nie, maar eerder vir JOUSELF. Vir JOU mense om jou. Want hierdie tas vol van hierdie “vuil wasgoed” affekteer jou huidige verhoudings, selfs jou verhouding met jou kinders. Skryf neer, al hierdie dinge. As jy ‘n kind van die Here is, BID en vra dat HY jou help en WYS wat is selfs in jou onderbewussyn weg gesteek. As die seer so erg is, KRY HULP sodat jy vir eens en altyd kan beweeg na ‘n rigting van VRYHEID.

Jy kan nie wag dat die ander persoon eers moet verander nie. Pak NOU, voordat julle gaan ontmoet, daardie tas uit. Laat toe dat Sy Heilige Gees jou skoon was sodat jy LIGTER kan wees.

Dit is nie ‘n eensklaps verandering en nou gaan alles seepglad verloop nie. WEES VOORBEREID. BEWAAR JOU HART. SIT ‘N WAG VOOR JOU MOND. BID VIR WYSHEID.

Laat hierdie samesein die begin wees van ‘n anders-as-normale kuier.

wees JY die “GENERASIE WESSELAAR”

Arise, shine, for your light has come, and the glory of the Lord has risen upon you. For behold, darkness shall cover the earth, and thick darkness the peoples; but the Lord will arise upon you, and his glory will be seen upon you. Isaiah 60: 1 – 3

Leave a Comment

Your email address will not be published. Required fields are marked *